Studente: NSFAF sê die week

Die Namibiese ministerie van hoër onderwys het onderneem om die name van die suksesvolle kandidate vir befondsing van die studente hulpfonds bekendmaak. Die minister, Itah Kandjii-Murangi, sê 16 185 aansoeke is uit 23 000 goedgekeur. Die ministerie gaan gebuk onder kritiek in die verband. Talle van die studente is reeds by instansies ingeskryf en is besig om hulle eerste semester af te handel en ongeveer 7 000 sal moet opskop of ander bronne van befondsing soek. Dit is nie bekend wat die vertraging veroorsaak het nie maar die hulpfonds het vroeër gesê aansoeke moes geverifieer word.