Fopnuus: kla mense aan by die polisie, sê minister

Die Namibiese minister van justisie Yvonne Dausab het lede van die publiek gemaan om persone wat fopnuus oor Covid-19 versprei by die Namibiese polsiie aan te meld. Die prokureur-generaal Festus Mbandeka het verlede week bekend gemaak dat indien ‘n persoon fopnuus versprei en skuldig bevind word kan ‘n boete van 100 000 Namibiese dollar of tien-jaar se tronkstraf opgelê word. Lede van die publiek het veral melding gemaak van verskeie charismatiese kerke wat meen Covid is ‘n leuen. Geen verdere besonderhede is in die verband bekend nie en dit is ook nie bekend na watter nuus verwys word nie.