Waarskynlikheid dat Zuma tronk toe gaan steeds groot

Die waarskynlikheid dat die voormalige president Jacob Zuma opgesluit gaan word, bly hoog, ondanks sy regspan se pogings om die uitspraak van die Konstitusionele Hof ter syde te laat stel. Dít is die mening van ‘n staatsregkenner aan die Universiteit van die Vrystaat, Ntando Sindane. Die Konstitusionele Hof het ingestem om Zuma se ter elfder ure aansoek vir die tersydestelling van sy uitspraak van verlede Dinsdag aan te hoor. Zuma is in dié meerderheidsuitspraak skuldig bevind aan minagting van die hof omdat hy nie die hof se bevel gehoorsaam het nie. Sindane sê al die verrigtinge is ongewoon: