AFriforum wil daar wees wanneer Zuma hof vra

AfriForum het sy regspan opdrag gegee om as vriend van die hof tot die hofaansoek van oud-president Jacob Zuma toe te tree. Die Konstitusionele Hof het ingestem om Zuma se aansoek aan te hoor vir die tersydestelling van sy vonnis van 15 maande gevangenisstraf weens minagting van die hof. Die aansoek word volgende Maandag aangehoor. Kallie Kriel van AfriForum sê die spesiale behandeling wat Zuma tans van die hof ontvang, is ‘n oortreding van die beginsel dat almal gelyke behandeling voor die reg moet ontvang: