Bokke: daar is dinge waaraan ons moet werk

Die Springbokflank Pieter-Steph du Toit sê die wedstryd teen Georgië was ‘n goeie aanduiding van waar die span hom bevind. Die Bokke het die besoekers Vrydagaand op Loftus Versfeld in Pretoria met 40-9 geklop. Dit was Suid-Afrika se eerste toets sedert hy Engeland op 2 November 2019 in die Wêreldbeker-eindstryd geklop het. Du Toit sê daar is egter ‘n paar dinge waaraan hulle moet aandag skenk vóór hul volgende toets teen Georgië Vrydagaand op Ellispark in Johannesburg: