Rundu se riool loop oor

Inwoners van Rundu kla oor die rioolstelsel wat oorloop by die dorp se grootste inkopiesentrum in die sentrale kerngebied. Nuusagentskappe berig dat die stelsel gereeld verstop en rou riool in die strate loop. Die dorp se Skakelbeampte Benjamin Makayi sê die dorpsraad werk reeds aan die probleem en ‘n span is ontplooi om ondersoek in […]

Read More

G7-beraad: Virus en klimaatskrisis kry voorkeur

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê die pogings om die korona-viruspandemie en die klimaatkrisis te bekamp, sal volgende maand voorkeur kry op die G7-beraad in Engeland. Die G7-ministers het gister in Londen vergader vir hul eerste gesprekke in dieselfde vertrek in langer as twee jaar. Brittanje beklee tans die roterende presidentskap van […]

Read More

Eenheid vir simulasie en kliniese vaardighede by Maties

‘n Gevorderde eenheid vir simulasie en kliniese vaardighede is amptelik by Stellenbosch Universiteit se Tygerberg-kampus in Kaapstad bekendgestel. Die simulasie-kurrikulum-ontwerper, Bronwen Espen, sê die ruim nuwe fasiliteit bevat onder meer gesimuleerde spreekkamers, lokale en ‘n hospitaalsaal. Sy sê die moderne onderriglokale beskik oor hoëtegnologie-video-toerusting om studente te help om hul kliniese vaardighede te ontwikkel wat […]

Read More

Jogurt-baas sê sy produk beveg Covid… hy het bedank

Die baas van ‘n groot Suid-Koreaans suiwelmaatskappy het bedank ná die polisie ‘n ondersoek van stapel gestuur het oor die maatskappy se bewering dat sy joghurtdrankie doeltreffend is om Covid te beveg. Namyang Dairy Products se Voorsitter, Hong Won-sik, se bedanking kom drie weke ná die maatskappy sy bewering teruggetrek het. Verbruikers het woedend gereageer, […]

Read More

Rwanda-volksmoord: Franse troepe onskuldig

Ondersoeke deur die Franse owerhede kon geen bewyse vind dat die land se troepe aandadig was aan die 1994-volksmoord in Rwanda nie. Daar is dus geen gronde vir regstappe om die Franse regering verantwoordelik te hou vir die moorde deur die Hutu-beheerde regering nie. Dit volg na die publikasie van ‘n verslag deur die Rwandese […]

Read More

SA leerders se enstofprogram hang in die lug

AfriForum in die buurland het die Departement van Basiese Onderwys om duidelikheid gevra oor die registrasie van ouers en voogde van leerders vir die Covid-19-entstofprogram. Die datum waarop die program in werking tree, moet nog aangekondig word. Natasha Venter van AfriForum sê hoewel die organisasie niks teen die toediening van entstowwe het nie, bly dit […]

Read More

Erongo-boere, Nampol takel veediefstal

Generaal-majoor Joseph Shikongo en verskeie streekskommissarisse van die Namibiese polisie het ‘n suksesvolle vergadering met die boeregemeenskappe in die Karibib-distrik in die Erongo-streek gehou. Dit is een van vele vergaderings met boere om veediefstal en stropery hok te slaan. Shikongo verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

‘Epic’ hofsaak oor Fortnite

Die saak tussen Epic Games, die skepper van die gewilde Fortnite-speletjie, en Apple duur voort in die Federale Hof in Kalifornië. Epic se Hoof Uitvoerende Beampte Tim Sweeney sê hy het geweet dat hy Apple se iStore-reëls breek toe hy sy eie betalingstelsel op Fortnite ingebou het. Maar, volgens Sweeney wou hy lig werp op […]

Read More

Geingob loof Cassinga-opoffering

President Hage Geingob het sy dank uitgespreek teenoor die owerhede in Kuba en Angola vir bystand na die Cassinga-slagting op 4 Mei 1978. In sy verklaring wat op sy sosiale media platforms gedeel is, het hy weer melding gemaak van lewensverliese tydens die vryheidstryd, veral die burgerlikes wat in die kamp in die suide van […]

Read More

Numsa sê De Ruyter besig met skelmstreke

Die metaalwerkersvakbond in Suid-Afrika, Numsa, sê Eskom is besig met sogenaamde skelmstreke deur beurtkrag aan die huidige salarisonderhandelings te koppel. Numsa sal in sy eerste ronde onderhandelings dié week sy salaris-eise by die Sentrale Bedingingsforum aan die bestuur van Eskom en Rotek voorlê. Die vakbond se Woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vlak van onbevoegdheid onder […]

Read More