Mynbedryf van kritiese belang vir SA

President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika sê dit is nou die tyd om beleggings in die mynbedryf te fasiliteer om meer werksgeleenthede te skep, klein-sakeondernemings te ontwikkel en groei in dinamiese nuwe bedrywe te bewerkstellig. Mynbedrywighede dra tot meer as die helfte van die land se uitvoer-goedere by – ongeveer 10 persent van die bruto binnelandse produk en 5 persent van die werksmag. Ramaphosa sê die mynbedryf word egter ook histories verbind met die ongelykhede in die land. Hy voeg by die bedryf is van kardinale belang vir die ekonomie en sal vir die afsienbare toekoms so bly.