Grondpaaie maak sitrus seer

Die swak padinfrastruktuur in Suid-Afrika belemmer waarskynlik die sitrus- en graanuitvoerbedryf. ‘n Verslag toon dat 54-persent van die ongeteerde padnetwerk in die land in ‘n baie swak toestand is, en ongeveer een-derde van die geteerde netwerk is ook in ‘n swak toestand. As gevolg van slaggate word sitrusvrugte in transito beskadig en dit beïnvloed die gehalte van die vrugte. Die provinsies wat die meeste hierdeur geraak word, sluit Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, die Vrystaat en die Oos-Kaap in.