Keur ivermektien goed vra McHenry

Die president van die PDM-party McHenry Venaani het ‘n beroep op die medisyne reguleringsraad gedoen om ivermektien goed te keur vir die behandelings van Covid. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat alles nou in die stryd gewerp moet word om die pandemie te bestry.