Covid en tuisversoring – pulmonoloog praat

Die meeste hospitale in die land ervaar druk om pasiënte te huisves vanweë die toename in Covid-19-gevalle. Mense toets daagliks positief en weet soms nie wat om te doen wanneer hulle positief is nie. Daar is ook onsekerheid oor wat die Covid-19-simptome is. Dr Willie Bruwer, ‘n pulmonoloog, het met Kosmos 94.1 Nuus hieroor gepraat.