Beatrice kry toe silwer…

Die Namibiese topatleet Beatrice Masilingi wat Sondagaand derde gekom het in die 200-meter wedloop in Stockholm in Swede, het nou silwer verower nadat Marie-Josee Ta Lou van die Ivoorkus, wat tweede gekom het, gediskwalifiseer is. Die rede hiervoor is nie bekend nie. Masilingi het ‘n nuwe nasionale rekord van 22.65 sekondes opgestel.