Interpol reik rooi kennisgewings vir Guptas uit

Interpol het rooi kennisgewings uitgereik teen Atul en Rajesh Gupta, hulle vrouens en verskeie sakevennote. Advokaat Hermione Cronjé van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die ander is ‘n gewese rekening-ondertekenaar van die Nulane-beleggingsbank van Baroda, Ankit Jain, ‘n direkteur van Wone Management, Ravindra Nath, en die direkteurs van Pragat Investments, Ramesh Bhat en Jagdish Parekh. Cronjé sê pogings is verskerp om die Guptas na Suid-Afrika terug te bring om verhoor te word op aanklagte van korrupsie.