Waterfront by Goreangab weer uitgestel

Die Goreangab Waterfront-ontwikkeling, wat reeds tien jaar in beplanning is, is weer vertraag met vyf jaar. Dit volg nadat die ontwikkelaar van die grond, Green Building Construction geen verdere stappe geneem het na die ingenieurs- en tenderprosesse voltooi is. Volgens die maatskappy is die projek vertraag omdat die diens van erwe by uitbreiding 4 van Goerangab nog die deur Stad Windhoek voltooi is nie. Die maatskappy het Stad Windhoek gevra om hom uitstel te gee tot in 2026 en dit is goedgekeur. Die ontwikkeling sal 1 100 bekostigbare huise oprig met verskeie besighede wat ook op die 41-hektaar erf in bedryf sal wees. In 2014 is die koste op 1 miljard Namibiese dollar geskat en 2 800 werksgeleenthede sou geskep word.