Elektrisiteit: Nam-owerhede moet beter beplan meen kenner

Reaksie word ontvang op die aankoop van elektrisiteit wat in Mei vanjaar amper drie keer soveel was as wat Namibië opgewek het. Wispelturige reënval het Ruacana se vermoë om krag op te wek met byna 69 persent verminder. Die Suid-Afrikaanse energiekenner Ted Blom meen die regering moet alternatiewe bronne van krag ontwikkel en moet ook […]

Read More

WGO keur nuwe middels vir Covid

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het twee nuwe middels vir die behandeling van ernstige Covid-gevalle goedgekeur. Die eerste is Sanofi se Kevzara en die tweede, Roche se Actemra. Kevzara bevat kortikosteroïede en Actemra is ‘n rumatiek middel. Die WGO sê ‘n studie van 11 000 pasiënte het bevind dat die twee middels akute inflammasie verhoed en asemhaling bystand […]

Read More

Baie wonings gebou, vir minder geld

Bouplanne vir Mei 2021 in die hoofstad is bekend. Volgens IJG Sekuriteite het wooneenhede die grootste hoeveelheid goedgekeurde planne uitgemaak maar, die waarde daarvan is 28,5 persent laer as die syfers wat in April vanjaar aangeteken is. Die makelaarsfirma sê 58 eenhede met ‘n waarde van 39 miljoen is in Mei voltooi, 17,7 persent meer […]

Read More

Cyril en kie moet intree by eSwatini

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum Sanef, doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa en sy eweknieë in die streek om te eis dat die rergering van eSwatini hom hou by die mediavryheidsprotokol van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Dit volg na twee joernaliste deur veiligheidsmagte aangehou, aangerand en gemartel is. Sanef sê hy is bekommerd oor die toenemende […]

Read More

SA se verbod op vee-veilings moet gelig word

Die DA wil ‘n aanvaarbare konsensus hê wat betref die voortsetting van lewendehawe-veilings. Inperkingsregulasies het veilings tot stilstand gebring en lei daartoe dat sommige boere finansieel swaarkry. Noko Masipa van die DA voorspel die finansiële las op die landbousektor sal nou baie groter as tydens die eerste inperking wees. Hy sê as kommunale boere nie […]

Read More

SA sal help met Kent-olifante

Suid-Afrika sal die hervestiging van ‘n trop van 13 olifante in ‘n dieretuin in Kent in Brittanje help hervestig na Kenia. Die Boeing 747 wat die diere na Afrika sal vlieg is Dumbo-jet gedoop. Dit is die eerste keer dat so ‘n projek onderneem word. ‘n Suid-Afrikaanse span van Conservation Solutions sal deur Kester Vickerry […]

Read More

Mathias verdedig taakmag aanstelling

Daisry Mathias, die presidensiële adviseur op jeugaangeleenthede het skerp gereageer op kommentaar deur Job Amupanda op Twitter. In Amupanda se mening is die herhaalde aanstelling van spesiale rade, komitees en taakmagte alleenlik om dit te laat lyk of die Swapo-regering iets doen. Amupanda het melding gemaak van die aankondiging van ‘n taakmag om geleenthede vir […]

Read More

Mosambiek – hongersnood kom

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram waarsku een van die wêreld se vinnigste groeiende ontwortelingskrisisse in die noorde van Mosambiek loop die gevaar om in hongersnood te ontaard indien befondsing nie dringend bekom word nie. Families gaan voort om voor rebelle-geweld in die land te vlug wat reeds meer as 730 000 mense verplaas het. Daar […]

Read More

Noodtoestand in New York

Die goewerneur van New York, Andrew Cuomo, het ‘n noodtoestand afgekondig oor wapengeweld in die staat. Daar was tydens die 4 Julie Onafhanklikheidsnaweek 51 skietvoorvalle in New York. Die noodtoestand beteken dat fondse nou beskikbaar gestel sal word vir die voorkoming van wapengeweld en ingryping by sulke voorvalle. Regoor die VSA is 233 doodgeskiet in […]

Read More

Uitvoere daal skerp – hier’s hoekom

Ekonome het reageer oor Namibiese uitvoere wat skerp gedaal het. Namibië het goedere ter waarde van 5,4 miljard Namibiese dollar in Mei uitgevoer wat ‘n afname van 5,8 miljard Namibiese dollar of 51,6 persent is, in vergelyking met die 11,2 miljard Namibiese dollar in April. As dit met Mei 2020 se 7,4 miljard Namibiese dollar […]

Read More