Mosambiek – hongersnood kom

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram waarsku een van die wêreld se vinnigste groeiende ontwortelingskrisisse in die noorde van Mosambiek loop die gevaar om in hongersnood te ontaard indien befondsing nie dringend bekom word nie. Families gaan voort om voor rebelle-geweld in die land te vlug wat reeds meer as 730 000 mense verplaas het. Daar was tydens die aanvalle in Maart in Palma reeds bykans 228 000 mense wat ernstige voedselonsekerheid ondervind het en dié syfer sal tot 363 000 in Oktober styg. David Beasley van die program sê kinders word die ergste geraak met 75 000 onder die ouderdom van vyf wat aan akute wanvoeding ly.