Cyril en kie moet intree by eSwatini

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum Sanef, doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa en sy eweknieë in die streek om te eis dat die rergering van eSwatini hom hou by die mediavryheidsprotokol van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Dit volg na twee joernaliste deur veiligheidsmagte aangehou, aangerand en gemartel is. Sanef sê hy is bekommerd oor die toenemende berigte van aanvalle soos willekeurige arrestasies en aanhouding wat as wapens gebruik word om joernaliste stil te maak, wat krities oor die onrus in eSwatini verslag doen. Ben Roodtman van die Suid-Afrikaanse Persklub het sy reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.