Baie wonings gebou, vir minder geld

Bouplanne vir Mei 2021 in die hoofstad is bekend. Volgens IJG Sekuriteite het wooneenhede die grootste hoeveelheid goedgekeurde planne uitgemaak maar, die waarde daarvan is 28,5 persent laer as die syfers wat in April vanjaar aangeteken is. Die makelaarsfirma sê 58 eenhede met ‘n waarde van 39 miljoen is in Mei voltooi, 17,7 persent meer as in April.