Noodtoestand in New York

Die goewerneur van New York, Andrew Cuomo, het ‘n noodtoestand afgekondig oor wapengeweld in die staat. Daar was tydens die 4 Julie Onafhanklikheidsnaweek 51 skietvoorvalle in New York. Die noodtoestand beteken dat fondse nou beskikbaar gestel sal word vir die voorkoming van wapengeweld en ingryping by sulke voorvalle. Regoor die VSA is 233 doodgeskiet in 618 beseer in meer as 500 insidente oor die naweek. Cuomo sê 74 persent van die wapens wat in misdade in New York gebruik is, is buite die staat gekoop, wat die saak nog ernstiger maak. Hy voeg by dat wapengeweld nés Covid-19 ook as ‘n noodtoestand vir openbare gesondheid hanteer moet word: