Uitvoere daal skerp – hier’s hoekom

Ekonome het reageer oor Namibiese uitvoere wat skerp gedaal het. Namibië het goedere ter waarde van 5,4 miljard Namibiese dollar in Mei uitgevoer wat ‘n afname van 5,8 miljard Namibiese dollar of 51,6 persent is, in vergelyking met die 11,2 miljard Namibiese dollar in April. As dit met Mei 2020 se 7,4 miljard Namibiese dollar vergelyk word, het uitvoere met 26,5 persent geval. Ekonoom Robert McGregor van Cirrus, verduidelik die oorsaak van hierdie dalings aan Kosmos 94.1 Nuus.