SA se verbod op vee-veilings moet gelig word

Die DA wil ‘n aanvaarbare konsensus hê wat betref die voortsetting van lewendehawe-veilings. Inperkingsregulasies het veilings tot stilstand gebring en lei daartoe dat sommige boere finansieel swaarkry. Noko Masipa van die DA voorspel die finansiële las op die landbousektor sal nou baie groter as tydens die eerste inperking wees. Hy sê as kommunale boere nie die geleentheid gebied word om hulle lewende hawe te verkoop nie, gaan hulle teen November en Desember negatief geraak word: