Mathias verdedig taakmag aanstelling

Daisry Mathias, die presidensiële adviseur op jeugaangeleenthede het skerp gereageer op kommentaar deur Job Amupanda op Twitter. In Amupanda se mening is die herhaalde aanstelling van spesiale rade, komitees en taakmagte alleenlik om dit te laat lyk of die Swapo-regering iets doen. Amupanda het melding gemaak van die aankondiging van ‘n taakmag om geleenthede vir Namibië in verband met die Vierde Industriële Rewolusie te ondersoek. Volgens Mathias behels ontwikkeling die hele gemeenskap en is dit algemene praktyk regoor die wêreld vir regerings om die privaatsektor, akademici, burgerlike organisasies en meer te betrek om kapasiteit te bou en geleenthede te identifiseer.