Ons boykies was tops in Abidjan!
Die waarnemende hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Rugby-unie Theo Groenewaldt het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die beslissende oorwinning van die Namibiese rugbyspan teen Madagaskar wat die span se plek in die Rugby Afrika kwalifiserende toernooi vir die 2023 Wêreldbeker veilig hou.
Lesufi sê ‘sorry tog’, hy was deel van ongemagtigde proef
Gauteng se LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi sê na oorlegpleging met die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, besef hy nou dat hy deelgeneem het aan ‘n ongemagtigde mediese proses. Hy het onlangs deelgeneem aan mediese proewe om te help met die stryd teen verskeie siektes. Lesufi kan gesien word in ‘n video waar hy die tradisionele […]
EU het nog nie op entstoberoep van AU geantwoord nie
Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê die Covid-pandemie het die valse voorwendsel van die sogenaamde wêreld-gemeenskap blootgelê. Sy aanmerkings kom nadat die Afrika-unie ‘n beroep op die EU gedoen het om die Covishield-entstof, wat in Indië vervaardig word en identies aan die AstraZeneca-entstof is, te aanvaar. Die Europese vasteland aanvaar ook die Chinese entstowwe nie […]
2020 het internet huis toe gebring
‘n Opname toon dat 2020 ‘n omwenteling meegebring het ten opsigte van vesel-internet in Suid-Afrika. Woordvoerder Brandon de Kock sê die Brandmapp-verslag toon dat al die internetverskaffers akkreditasie het vir die lewering van noodsaaklike dienste en onverpoosd voortgaan om veselnetwerke in woonbuurte regoor die buurland aan te lê. De Kock sê die installering van vesel-internet […]
Whk-krematorium het onderhoud gehad, werk vandag weer
Daar is gerugte dat die Stad van Windhoek se krematorium weer buite werking is en nie vir sowat twee maande operasioneel sal wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het by die stad se woordvoerder, Lydia Amutenya, navraag gedoen. Sy het gesê die krematorium ondergaan tans roetine-onderhoud en dit sal weer vandag in werking wees.
Verwagting vir verbod op toeskouers by Spele
Organiseerders van die Olimpiese Spele wat op 23 Julie in Tokio begin sal na verwagting ‘n verbod plaas op alle toeskouers. Japanese owerhede berei voor om ‘n noodtoestand te verklaar wat langer as die Spele, wat op 8 Augustus ten einde sal loop, sal duur. Die land het, nes talle ander lande regoor die wêreld, […]
Guterres veroordeel Haïti-sluipmoord
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies António Guterres het die sluipmoord op President Jovenel Moïse van die Republiek van Haïti ten sterkste veroordeel. Die 53-jarige is dood toe gewapende mans sy huis bestorm het. Sy vrou is in die aanval beseer. Die land se tussentydse eerste minister Claude Joseph het ‘n beroep op kalmte gedoen […]
Tsoenami van smokkeltwak in SA
Die stigter van die drukgroep Tax Justice South Africa, Yusuf Abramjee, sê ‘n skokkende nuwe verslag toon dat ‘n tsoenami van onwettige sigarette Suid-Afrika binnestroom weens die owerhede se versuim om te reageer op verdoemende getuienis oor die wêreld se grootste swartmark. Luidens die jongste verslag van die marknavorser Ipsos Suid-Afrika, verkoop twee uit elke […]
Euro 2020 – dis Engeland teen Italië
Engeland het die eindstryd van die 2020 Europese Kampioenskapsreeks gehaal toe hulle Denemarke gisteraand in die Wembley-stadion voor 66 000 ondersteuners geklop het. Engeland se kaptein, Harry Kane, het die wendoel in ekstra tyd aangeteken nadat die twee spanne met die eindfluitjie een elk gelykop was. Die span van Gareth Southgate kom Sondag in die […]
Miami: daar sal nie nog oorlewendes gevind word nie
Nog tien liggame is gevind onder die puin van ‘n gebou wat in Miami in die Verenigde State ineengestort het. Die tragedie het twee weke gelede plaasgevind en die bevestigde dodetal het intussen tot 46 gestyg. Internasionale media berig die plaaslike brandweer het gesinne van vermiste mense in kennis gestel daar was geen lugleegtes in […]