Verwagting vir verbod op toeskouers by Spele

Organiseerders van die Olimpiese Spele wat op 23 Julie in Tokio begin sal na verwagting ‘n verbod plaas op alle toeskouers. Japanese owerhede berei voor om ‘n noodtoestand te verklaar wat langer as die Spele, wat op 8 Augustus ten einde sal loop, sal duur. Die land het, nes talle ander lande regoor die wêreld, uitdagings met die hoogs aansteeklike Delta-variant. Media in Japan sê ‘n aankondiging in die verband word binnekort verwag. Organiseerders sal vanaand die kwessie bespreek.