Lesufi sê ‘sorry tog’, hy was deel van ongemagtigde proef

Gauteng se LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi sê na oorlegpleging met die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, besef hy nou dat hy deelgeneem het aan ‘n ongemagtigde mediese proses. Hy het onlangs deelgeneem aan mediese proewe om te help met die stryd teen verskeie siektes. Lesufi kan gesien word in ‘n video waar hy die tradisionele Chinese medisyne-produk Lianhua Qingwen-kapsules aanbeveel as ‘n middel wat Covid-19 kan genees. Die LUR sê hy het sy apteker rakende die aangeleentheid vertrou. Die apteker het hom genooi om deel te neem aan die produkstudie en beweer die produk is reeds vir goedkeuring voorgelê.