Miami: daar sal nie nog oorlewendes gevind word nie

Nog tien liggame is gevind onder die puin van ‘n gebou wat in Miami in die Verenigde State ineengestort het. Die tragedie het twee weke gelede plaasgevind en die bevestigde dodetal het intussen tot 46 gestyg. Internasionale media berig die plaaslike brandweer het gesinne van vermiste mense in kennis gestel daar was geen lugleegtes in die gebiede wat nou vir die eerste keer toeganklik geword het nie. Dit het die hoop verpletter dat nog oorlewendes gevind sal word.