Euro 2020 – dis Engeland teen Italië

Engeland het die eindstryd van die 2020 Europese Kampioenskapsreeks gehaal toe hulle Denemarke gisteraand in die Wembley-stadion voor 66 000 ondersteuners geklop het. Engeland se kaptein, Harry Kane, het die wendoel in ekstra tyd aangeteken nadat die twee spanne met die eindfluitjie een elk gelykop was. Die span van Gareth Southgate kom Sondag in die eindstryd teen Italië te staan. Dit is die eerste keer sedert 1966 dat Engeland in ‘n eindstryd van die kompetisie sal speel. Kane sê dit is ‘n spesiale oomblik en hulle sien baie uit na die wedstryd: