EU het nog nie op entstoberoep van AU geantwoord nie

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê die Covid-pandemie het die valse voorwendsel van die sogenaamde wêreld-gemeenskap blootgelê. Sy aanmerkings kom nadat die Afrika-unie ‘n beroep op die EU gedoen het om die Covishield-entstof, wat in Indië vervaardig word en identies aan die AstraZeneca-entstof is, te aanvaar. Die Europese vasteland aanvaar ook die Chinese entstowwe nie en dit kan ‘n daadwerklike impak op Afrikane hê wat na Europa moet reis. Die vasteland maak staat op die entstowwe wat geskenk word en ook goedkoper is om aan te koop. Europa het tot dusver nog nie gereageer op die AU se versoek nie. Schlettwein meen Europa toon eenvoudig nasionalisme en eie belang met die stap.