Tsoenami van smokkeltwak in SA

Die stigter van die drukgroep Tax Justice South Africa, Yusuf Abramjee, sê ‘n skokkende nuwe verslag toon dat ‘n tsoenami van onwettige sigarette Suid-Afrika binnestroom weens die owerhede se versuim om te reageer op verdoemende getuienis oor die wêreld se grootste swartmark. Luidens die jongste verslag van die marknavorser Ipsos Suid-Afrika, verkoop twee uit elke drie winkels in die Vrystaat, Gauteng en die Wes-Kaap smokkelsigarette. Abramjee sê Tax Justice South Africa sal hom beywer vir dringende optrede teen misdadigers wat jaarliks miljarde Suid-Afrikaanse rand steel van belastinggeld wat die staat toekom: