Whk-krematorium het onderhoud gehad, werk vandag weer

Daar is gerugte dat die Stad van Windhoek se krematorium weer buite werking is en nie vir sowat twee maande operasioneel sal wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het by die stad se woordvoerder, Lydia Amutenya, navraag gedoen. Sy het gesê die krematorium ondergaan tans roetine-onderhoud en dit sal weer vandag in werking wees.