2020 het internet huis toe gebring

‘n Opname toon dat 2020 ‘n omwenteling meegebring het ten opsigte van vesel-internet in Suid-Afrika. Woordvoerder Brandon de Kock sê die Brandmapp-verslag toon dat al die internetverskaffers akkreditasie het vir die lewering van noodsaaklike dienste en onverpoosd voortgaan om veselnetwerke in woonbuurte regoor die buurland aan te lê. De Kock sê die installering van vesel-internet in hoë- en middelinkomste-huishoudings was verstommend. Hy sê dit het baie te doen gehad met Suid-Afrikaners wat in hul huise vermaak wou word: