Guterres veroordeel Haïti-sluipmoord

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies António Guterres het die sluipmoord op President Jovenel Moïse van die Republiek van Haïti ten sterkste veroordeel. Die 53-jarige is dood toe gewapende mans sy huis bestorm het. Sy vrou is in die aanval beseer. Die land se tussentydse eerste minister Claude Joseph het ‘n beroep op kalmte gedoen en ‘n noodtoestand verklaar. Hy het ook vroeër getwiet dat die verdagtes in hegtenis geneem is. Guterres sê diegene verantwoordelik vir die misdaad, moet vervolg word. Hy voeg by dat die VN sal voortgaan om die regering en die mense van Haïti te ondersteun.