Zim teken rekordgetalle aan

Zimbabwe het Woensdag sy hoogste getal nuwe Covid-infeksies aangeteken, met 2 264. Dit is die hoogste daaglikse syfer sedert Maart verlede jaar. Dit bring die totaal op net meer as 60 000 te staan met 1 973 sterftes. Kenners meen die syfers kan baie hoër wees omdat Zimbabwe ‘n skamele 723 812 toetse op ‘n […]

Read More

Geliefde verloor? Versigtig vir slenters

Met die hoë getalle sterftes in Namibië het gepaardgaande slenters ook toegeneem. Elzita Beukes, kommunikasie bestuurder by FNB Namibia, verduidelik die modus operandi van die bedrieërs…

Read More

Zuma ondergaan evaluering volgens gevangenes-protokol

Die departement van korrektiewe dienste in KwaZulu-Natal sê oudpresident Jacob Zuma ondergaan op die oomblik al die toelatingsprosesse volgens regulasies. Die korrektiewe sentrum van Estcourt in die provinsie het bevestig dat hy toegelaat is en dat hy ‘n vonnis van 15 maande begin uitdien het. Volgens Singabakho Nxumalo van die departement kan besonderhede oor die […]

Read More

Covid-gevalle daal met 21%

‘n Analise deur High Economic Intelligence in die hoofstad toon dat nuwe Covid-gevalle in die afgelope week met 21 persent vergeleke met die vorige week, gedaal het. Die hoeveelheid pasiënte wat herstel het is die week 30 persent hoër as verlede week. Ander analises toon ook dat Namibië moontlik reeds sy piek in die derde […]

Read More

Huurraad steeds in limbo

Die Namibiese Statistieke Agentskap sê die prys van kos en huur dra op die oomblik die meeste by tot inflasie. Met die jongste syfers sal ‘n huishouding wat 100 Namibiese dollar het om te bestee, 16 dollar 45 sent daarvan op voedsel, en 28 dollar 86 sent op behuising, bestee. Die Affirmative Repositioning-beweging beywer hom […]

Read More

16t se dagga in Kalifornië gekonfiskeer

Owerhede in Los Angeles het beslag gelê op 16 ton onwettige dagga ter waarde van 1,19 miljard Amerikaanse dollar. ‘n Gesamentlike operasie tussen die polisie en weermag het reeds op 8 Junie begin. ‘n Totaal van 131 verdagtes is in hegtenis geneem en meer as 200 persele is ondersoek. Owerhede het 375 000 dagga-plante en […]

Read More

Inentings vorder teen slakkepas in Erongo

Slegs twee persent van die geteikende 65 persent van die inwoners van die Erongo-streek het hul beide hul eerste en tweede Covid-inentings tot dusver ontvang, met 11 persent wat hul eerste dosisse ontvang het. Dit is volgens statistieke wat deur die streek se gesondheidsdirekteur Anna Jonas verskaf is. Die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, […]

Read More

Kwesbares kan deur munisipaliteite bygestaan word

Alle Namibiërs kry tydens die Covid-pandemie swaar en dit is nie vir almal maklik om munisipale rekeninge te betaal nie. Veral bejaardes en afgetrede burgers in die hoofstad en ander dorpe sê dit is moeilik om hul munisipale rekeninge met hul karige staatspensioen te betaal. Isaack Endjala van die Stad van Windhoek reageer.

Read More

Gatland sê die toetsreeks sal afkom

Die afrigter van die Britse en Ierse Leeus, Warren Gatland, sê hy glo die toetsreeks teen die Springbokke sal voortgaan. Die Bokke moes die afgelope twee weke twee keer isoleer as gevolg van verskeie Covid-19 gevalle. Agt spelers van die Leeus en vier personeellede is op die oomblik in isolasie nadat hulle in aanraking was […]

Read More

Steenkool ontsporings word ondersoek

Transnet in Suid-Afrika gaan ondersoek instel nadat twee treine onlangs ontspoor het. ‘n Woordvoerder sê ‘n trein met 208 waens wat steenkool vervoer, het naby Vryheid in KwaZulu-Natal ontspoor en 30 waens het omgeslaan. Aan die einde van Mei het nog ‘n steenkooltrein in Ermelo in Mpumalanga ontspoor. Transnet sê hierdie ontsporings hou ernstige gevolge […]

Read More