Steenkool ontsporings word ondersoek

Transnet in Suid-Afrika gaan ondersoek instel nadat twee treine onlangs ontspoor het. ‘n Woordvoerder sê ‘n trein met 208 waens wat steenkool vervoer, het naby Vryheid in KwaZulu-Natal ontspoor en 30 waens het omgeslaan. Aan die einde van Mei het nog ‘n steenkooltrein in Ermelo in Mpumalanga ontspoor. Transnet sê hierdie ontsporings hou ernstige gevolge in vir die waardeketting van steenkool in Suid-Afrika. Die onderneming beplan om bestuurders wat verantwoordelik is vir spoor-gange tot verantwoording te roep.