Gatland sê die toetsreeks sal afkom

Die afrigter van die Britse en Ierse Leeus, Warren Gatland, sê hy glo die toetsreeks teen die Springbokke sal voortgaan. Die Bokke moes die afgelope twee weke twee keer isoleer as gevolg van verskeie Covid-19 gevalle. Agt spelers van die Leeus en vier personeellede is op die oomblik in isolasie nadat hulle in aanraking was met positiewe Covid-individue. Die Leeus se besturende direkteur, Ben Calveley, het intussen gesê die reeks is van kardinale belang en hulle doen alles moontlik om dit te laat voortgaan. Die Springbokke sal in drie toetse teen die Leeus in aksie wees met die eerste een op die 24ste van die maand.