Kwesbares kan deur munisipaliteite bygestaan word

Alle Namibiërs kry tydens die Covid-pandemie swaar en dit is nie vir almal maklik om munisipale rekeninge te betaal nie. Veral bejaardes en afgetrede burgers in die hoofstad en ander dorpe sê dit is moeilik om hul munisipale rekeninge met hul karige staatspensioen te betaal. Isaack Endjala van die Stad van Windhoek reageer.