Zuma ondergaan evaluering volgens gevangenes-protokol

Die departement van korrektiewe dienste in KwaZulu-Natal sê oudpresident Jacob Zuma ondergaan op die oomblik al die toelatingsprosesse volgens regulasies. Die korrektiewe sentrum van Estcourt in die provinsie het bevestig dat hy toegelaat is en dat hy ‘n vonnis van 15 maande begin uitdien het. Volgens Singabakho Nxumalo van die departement kan besonderhede oor die opsluitingsvoorwaardes eers na afloop van die assesseringsproses bepaal word. Zuma het vroeër die week gesê hy is nie bang om tronk toe te gaan nie maar, dat op sy ouderdom en met die Covid-pandemie, is dit soos ‘n doodstraf. Hy het gesê die onregte moet blootgelê word.