Inentings vorder teen slakkepas in Erongo

Slegs twee persent van die geteikende 65 persent van die inwoners van die Erongo-streek het hul beide hul eerste en tweede Covid-inentings tot dusver ontvang, met 11 persent wat hul eerste dosisse ontvang het. Dit is volgens statistieke wat deur die streek se gesondheidsdirekteur Anna Jonas verskaf is. Die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat tot die lae inentingskoers in sy streek kan bydra.