Zim teken rekordgetalle aan

Zimbabwe het Woensdag sy hoogste getal nuwe Covid-infeksies aangeteken, met 2 264. Dit is die hoogste daaglikse syfer sedert Maart verlede jaar. Dit bring die totaal op net meer as 60 000 te staan met 1 973 sterftes. Kenners meen die syfers kan baie hoër wees omdat Zimbabwe ‘n skamele 723 812 toetse op ‘n bevolking van meer as 15 miljoen gedoen het. President Emmerson Mnangagwa se regering teiken 10 miljoen inentings teen die einde van die jaar en het tot dusver net meer as 819 000 inentings reeds voltooi.