16t se dagga in Kalifornië gekonfiskeer

Owerhede in Los Angeles het beslag gelê op 16 ton onwettige dagga ter waarde van 1,19 miljard Amerikaanse dollar. ‘n Gesamentlike operasie tussen die polisie en weermag het reeds op 8 Junie begin. ‘n Totaal van 131 verdagtes is in hegtenis geneem en meer as 200 persele is ondersoek. Owerhede het 375 000 dagga-plante en amper 16 ton dagga gekonfiskeer en sê internasionale sindikate is betrokke met onwettige plantasies wat noord van Los Angeles aangeplant word. Sedert die deelstaat van Kalifornië die ontspanningsgebruik van dagga in 2018 gewettig het, het die onwettige aanplant van die dwelm drasties toegeneem. Tot dusver vanjaar is meer as 500 onwettige plantasies opgespoor.