Huurraad steeds in limbo

Die Namibiese Statistieke Agentskap sê die prys van kos en huur dra op die oomblik die meeste by tot inflasie. Met die jongste syfers sal ‘n huishouding wat 100 Namibiese dollar het om te bestee, 16 dollar 45 sent daarvan op voedsel, en 28 dollar 86 sent op behuising, bestee. Die Affirmative Repositioning-beweging beywer hom reeds ‘n geruime tyd vir die daarstelling van ‘n huurraad wat dié sektor van die mark kan beheer. Maar, volgens die beweging se woordvoerder Simon Amunime, is die proses in limbo …