Vertraging in verkiesings sal ANC help

‘n Vertraging in die hou van plaaslike verkiesings as ‘n nagevolg van die huidige diep politieke onrus in Suid-Afrika, sal die toets vir die ANC by die stembus vertraag. Dit is die mening van die politieke ontleder, Daniel Silke. Die voormalige adjunk-hoofregter, Dikgang Moseneke, het aanbeveel dat die beplande Oktober-verkiesings uitgestel moet word, omdat daar […]

Read More

Onluste: derduisende kilometers verloor in vragvervoer

Stefan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport het gereageer op Netstar se bevinding dat die aantal kilometer van vervoer wat die afgelope week weens die Suid-Afrikaanse onluste verloor is, is gelykstaande aan ’n reis van 15 keer om die aardbol. Dié maatskappy, wat die inligting van voertuigopsporingstoestelle monitor, sê dat 613 000 km […]

Read More

Rooilyn: GRN baklei terug

Die Namibiese regering sal die hofaansoek van die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda dat hy die sogenaamde rooilyn onwettig wil laat verklaar, teenstaan. Amupunda se stukke is op 26 Mei ingedien en daarin wil hy die regering dwing om die veterinêre kordonheining te verwyder. Die saak spruit uit die konfiskering van vleis wat […]

Read More

Ombud-onderhoude uitgestel

Die Namibiese regbank sal nie môre voortgaan met sy regstreekse onderhoude van die drie kandidate vir die posisie van die ombud nie. Luidens ‘n verklaring wat deur die skakelbeampte van die regbank Selma Mwaetako uitgereik is, is een van die kandidate tans gehospitaliseer. Mwaetako sê daar is beslis dat al drie kandidate ‘n gelyke geleentheid […]

Read More

Covid-behandeling eers in 2022, jaarlikse spuite sal nodig wees

Professor Glenda Gray, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, voorspel dat daar teen einde 2022 ’n behandeling vir Covid-19 sal wees. Sy glo egter ook dat volwassenes jaarliks teen die virus ingeënt sal moet word. Gray sê meer vlae van infeksies gaan beleef word as die land nie vinnig genoeg met sy inentingsprogram vorder nie. […]

Read More

Groot opgrawings van fossiele wat 174 miljoen jaar oud is

‘n Egpaar van die Verenigde Koninkryk wat leke-paleontoloë is, het honderde skaars mariene-fossiele ontdek wat uit die Jurassiese tydperk van 174 miljoen jaar gelede dateer. Neville en Sally Hollingworth het tydens die Covid-inperking die geologie van Wiltshire met Google Earth ondersoek toe hulle die ontdekking gemaak het. Hulle het die Museum vir Natuurgeskiedenis in kennis […]

Read More

DA in Vrystaat bang geweld spoel oor na provinsie

Die DA in die Vrystaat het ‘n dringende vergadering aangevra met premier Sisi Ntombela, wetstoepassers en leiers van politieke partye wat in die provinsiale wetgewer verteenwoordig is na aanleiding van die oproerigheid wat in Kwa-Zulu Natal en Gauteng uitgebreek het. Die DA-lid Roy Jankielsohn sê hulle versoek die betrokke owerhede om hul in te lig […]

Read More

Verskeie Wes-Kaapse taxi-roetes oopgestel

Die Wes-Kaapse regering het vroeër vandag gesê dat verskeie taxi-roetes nou weer oopgestel is, ná Maandag se voorvalle van taxi-geweld. ‘n Golden Arrow-busbestuurder is Maandagoggend in die gesig gewond in ‘n skietvoorval in Delft, wat die sektor tot stilstand geruk het. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent, gesels uit die Moederstad.

Read More

Kritiek teen Australië se inperkings

Die Australiese eerste minister, Scott Morrison, het gereageer op hernude kritiek op sy regering se hantering van die koronavirus-pandemie en sê geen land het 100 persent reg opgetree nie. Sowat 13 miljoen inwoners van Victoria, dele van Nieu-Suid-Wallis en Suid-Australië is minstens die volgende sewe dae ingeperk terwyl Covid-19-gevalle steeds skerp styg. Minder as 14 […]

Read More

Drie voedselgroepe sorg vir prysstygings

Die drie voedselgroepe wat in Junie die grootste jaarlikse prysstygings getoon het, was olie en vette, vleis, en suiker, lekkers en nageregte. Statistieke Suid-Afrika sê veral kookolieprodukte se prys het skerp gestyg. Die prys van lamsvleis het met 10,9 persent gestyg, bees-stowevleis met 16,7-persent en vark met 10,5-persent. Die aanwyser vir suiker, lekkers en nageregte […]

Read More