DA in Vrystaat bang geweld spoel oor na provinsie

Die DA in die Vrystaat het ‘n dringende vergadering aangevra met premier Sisi Ntombela, wetstoepassers en leiers van politieke partye wat in die provinsiale wetgewer verteenwoordig is na aanleiding van die oproerigheid wat in Kwa-Zulu Natal en Gauteng uitgebreek het. Die DA-lid Roy Jankielsohn sê hulle versoek die betrokke owerhede om hul in te lig oor die planne wat beraam is om potensiële dreigemente van geweld in bedwang te bring indien die geweld na die provinsie sou oorspoel.