Drie voedselgroepe sorg vir prysstygings

Die drie voedselgroepe wat in Junie die grootste jaarlikse prysstygings getoon het, was olie en vette, vleis, en suiker, lekkers en nageregte. Statistieke Suid-Afrika sê veral kookolieprodukte se prys het skerp gestyg. Die prys van lamsvleis het met 10,9 persent gestyg, bees-stowevleis met 16,7-persent en vark met 10,5-persent. Die aanwyser vir suiker, lekkers en nageregte het verlede maand ‘n jaarlikse styging van 7,2 persent getoon.