Covid-behandeling eers in 2022, jaarlikse spuite sal nodig wees

Professor Glenda Gray, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, voorspel dat daar teen einde 2022 ’n behandeling vir Covid-19 sal wees. Sy glo egter ook dat volwassenes jaarliks teen die virus ingeënt sal moet word. Gray sê meer vlae van infeksies gaan beleef word as die land nie vinnig genoeg met sy inentingsprogram vorder nie. Sy dink nie daar is genoeg bekend oor die virus om te besluit hoeveel mense ingeënt moet word om kudde-immuniteit te bereik nie.