Ombud-onderhoude uitgestel

Die Namibiese regbank sal nie môre voortgaan met sy regstreekse onderhoude van die drie kandidate vir die posisie van die ombud nie. Luidens ‘n verklaring wat deur die skakelbeampte van die regbank Selma Mwaetako uitgereik is, is een van die kandidate tans gehospitaliseer. Mwaetako sê daar is beslis dat al drie kandidate ‘n gelyke geleentheid moet geniet en dus is die onderhoude eers uitgestel. ‘n Nuwe datum sal binnekort bevestig word. Die drie kandidate op die kortlys is Tousy Namiseb, Ruth Herunga en Basilius Dyakugha. Die Insituut vir Openbare Beleidsnavorsing het vroeër gesê die hele proses moet oorbegin word omdat daar te min aansoeke vir die pos was.