Kritiek teen Australië se inperkings

Die Australiese eerste minister, Scott Morrison, het gereageer op hernude kritiek op sy regering se hantering van die koronavirus-pandemie en sê geen land het 100 persent reg opgetree nie. Sowat 13 miljoen inwoners van Victoria, dele van Nieu-Suid-Wallis en Suid-Australië is minstens die volgende sewe dae ingeperk terwyl Covid-19-gevalle steeds skerp styg. Minder as 14 persent Australiërs is ingeënt, wat die laagste syfer is onder die lidlande van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling.