Onluste: derduisende kilometers verloor in vragvervoer

Stefan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport het gereageer op Netstar se bevinding dat die aantal kilometer van vervoer wat die afgelope week weens die Suid-Afrikaanse onluste verloor is, is gelykstaande aan ’n reis van 15 keer om die aardbol. Dié maatskappy, wat die inligting van voertuigopsporingstoestelle monitor, sê dat 613 000 km van aflewerings in net sewe dae deur net drie groot kliënte verloor is. Vanaf 10 tot 16 Julie het die kilometers wat afgelê is, in vergelyking met die vorige drie maande se kilometers, landwyd met 74% gedaal. Tussen die drie kliënte is bykans 30 000 ritte om goedere af te lewer gekanselleer of uitgestel. Terblanche sê ‘n vragmotor wat oor die grens goedere vervoer, ry tussen 15 000 en 20 000 kilometer per maand. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.