Rooilyn: GRN baklei terug

Die Namibiese regering sal die hofaansoek van die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda dat hy die sogenaamde rooilyn onwettig wil laat verklaar, teenstaan. Amupunda se stukke is op 26 Mei ingedien en daarin wil hy die regering dwing om die veterinêre kordonheining te verwyder. Die saak spruit uit die konfiskering van vleis wat hy in Omuthiya gekoop het en deur die Oshivelo padblokkade wou neem op 17 Mei. Hy eis dat die heining binne 90 dae verwyder moet word. Hy sê die heining dien om boere in die suide van die land te beskerm teen siektes maar boere in die noorde geniet geen so voordeel nie. Die Lewendehawe Produsente Organisasie het vroeër gesê dat sou die heining verwyder word, die land inkomste van 6 miljard Namibiese dollar verloor.