Pfizer sal deur Biovac in SA vervaardig word

Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, David Maynier, sê die Pfizer/BioNTech-vennootskap met Biovac is ‘n welkome hupstoot vir die ekonomie van Kaapstad en die provinsie. Die Kaapstadse spesialis biotegnologie-maatskappy, Biovac, het ‘n ooreenkoms bereik vir die vervaardiging van die Pfizer-BioNTech Covid-19-entstof vir verspreiding in die Afrika-unie-gebied. Maynier sê hulle bly verbind tot samewerking […]

Read More

Inflasie is gekoppel aan inentings

Die jongste navorsing deur High Economic Intelligence in Windhoek toon dat die hoë inflasie wat plaaslike, en elders ervaar word, aangedryf is deur die onderbrekings in die voorsieningskettings as gevolg van die Covid-pandemie. Volgens die navorsing, het ekonomiese herstel, aangedryf deur inenting, aanvraag laat toeneem. Dit is ook die mening van die navorsers dat die […]

Read More

Fishrot-lot weer vandag in die hof

Die Fishrot-beskuldiges se twee sake is weer vandag voor regter Christie Liebenberg. Verskeie kwessies sal verder uitgestryk word vandag wat dokumente, inligting en meer insluit. Daar is sewe verdagtes: Bernhardt Esau, Sacky Shanghala, Mike Nghipunya, James Hatuikulipi, Tamson Hatuikulipi, Ricardo Gustavo en Pius Mwatelulo. Hulle verskyn steeds in twee afsonderlike sake omdat uitspraak in die […]

Read More

SA herevalueer sy inentingstrategie

Die waarnemende Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Mmamoloko Kubayi, sê hulle ontmoet vandag met die Covid-19-Inter-ministeriële komitee om die land se entstofverspreidingsveldtog te herevalueer. Sy het gisteraand die Parlementêre portefeuljekomitee oor Gesondheid toegespreek. Kubayi sê hulle gaan die komitee versoek om die benadering van inenting per sektor te vervang met een wat fokus op ouderdomsgroepe:

Read More

Macron soek ondersoek na Pegasus

Die Franse President Emmanuel Macron, het gevra vir ‘n reeks ondersoeke na die Pegasus-spioenware kwessie. Hy is een van verskeie wêreldleiers, insluitend President Cyril Ramaphosa, wie se selfone geteiken is deur ‘n spioenasie-instrument wat deur die Israelse maatskappy, NSO, ontwerp is. Die ondersoek het ‘n lys van meer as 50 000 selnommers onthul. Die nommers […]

Read More

Stortingsterreine ook plaaslik ‘n uitdaging

Die Suid-Afrikaanse burgerregte-organisasie AfriForum het sy jaarlikse oudit-verslag oor vullisverwydering- en stortingsterreine regoor die land bekendgemaak. Die meerderheid voldoen nie aan die nodige wetgewing nie en die verslag sal aan die Groen Skerpioene vir wetstoepassing oorhandig word. Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor plaaslike uitdagings in die verband.

Read More

Zambezi se invoere en uitvoere daal

Die Zambezi-streek se direktoraat van doeane en aksyns het in die 2020-2021 finansiële jaar ‘n verlies van 23 miljoen Namibiese dollar aangeteken. Volgens die direktoraat verteenwoordig dit ‘n daling van 26 persent in inkomste vergeleke met die vorige jaar. Totale inkomste in 2020-2021 was 65 miljoen Namibiese dollar teenoor 88 miljoen in 2019-2020. Verklarings in […]

Read More

GOP sal onttrek uit komitee wat Capitol Hill-aanval ondersoek

Die minderheidsleier in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Kevin McCarthy sê hy gaan ál vyf sy kandidate onttrek aan die gekose komitee wat die aanval op Capitol Hill ondersoek, mits die speaker Nancy Pelosi nie haar verwerping van twee van sy aanbevelings ophef nie. Pelosi het twee kongreslede, Jim Jordan en Jim Banks se benoemings […]

Read More

Behuising in Ongwediva vorder

Die Ongwediva-dorpsraad en die Shack Dwellers Federation het onlangs ‘n sooispitseremonie by die Sky-nedersetting gehou vir die konstruksie van 21 behuisingseenhede in die eerste fase van die ontwikkleing van 98 erwe. Die seremonie is deur die goewerneur van die Oshana-streek, Elia Irimari, en die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, Natalia /Goagoses bygewoon. Hulle het […]

Read More

Plaas moratorium op staatsbegrafnisse

Kenners is dit eens dat die regering ‘n moratorium op staatsbegrafnisse moet plaas nadat die jaarlikse begroting reeds met 5 miljoen Namibiese dollar oorskry is. Sedert Januarie vanjaar is meer as 6,1 miljoen dollar op 52 staatsbegrafnisse bestee. Die begroting vir die huidige finansiële jaar was ‘n miljoen dollar. Elf staatsbegrafnisse tussen Mei en Julie […]

Read More