GOP sal onttrek uit komitee wat Capitol Hill-aanval ondersoek

Die minderheidsleier in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Kevin McCarthy sê hy gaan ál vyf sy kandidate onttrek aan die gekose komitee wat die aanval op Capitol Hill ondersoek, mits die speaker Nancy Pelosi nie haar verwerping van twee van sy aanbevelings ophef nie. Pelosi het twee kongreslede, Jim Jordan en Jim Banks se benoemings verwerp, en sê hulle aanstellings kan die integriteit van die ondersoek negatief raak. McCarthy sê die Republikeine gaan hulle eie ondersoek doen: